Jack Hindon Verkenners

Jack Hindon Verkenners

Who are we?

The Jack Hindon Scouts is a London posting of the Verkennersbeweging van Suid-Afrika, who supports and calls for Boere-Afrikaner self-determination.

We hold the opinion that the current constitutional order in South Africa is destined to fail. It basically enables and ensures the inept ANC to govern South Africa ad infinitum, whose populist and racist National Democratic Revolution policies are not only economically unsustainable, but also inciting and fuelling racial hatred, especially against minorities who celebrate their distinct cultural identity and heritage.

The Jack Hindon Scouts subsequently maintain that the only solution for a durable peace in South Africa would be for government to back down on its efforts of social engineering (via draconian discriminatory policies like Black Economic Empowerment, Affirmative Action and Land Reform) a so-called egalitarian Rainbow society - which is only beneficial to top ANC cadres - and allow the Boer people to determine their own future in peaceful co-existence with all other ethnic groups in South Africa.

The Jack Hindon Scouts further rejects any notion of a "Rainbow Nation", not only because the ANC clearly doesn't believe in it either, but mainly because it is a pipe dream with no founding in reality.

One only needs to look at the United Kingdom and its devolution of power to the Northern Irish, Scottish and Welsh assemblies in Belfast, Edinburgh and Cardiff respectively to realise that engineering a common purpose and common identity for distinct and diverse ethnic groups is not as easy as coining a good catchphrase.

In South Africa we are well aware of the consequences of the actions of do-gooders who utilised government's powers of coercion and compulsion in order to engineer a society they deemed more acceptable. Now, how is it that we find ourselves today at the opposite side of the very same junction?

If government policies of FORCED segregation are evil, who decided that government policies of FORCED integration are good and the right way to go?

Surely a more Laissez-Faire approach of live and let live and "All peoples have the right to self-determination", in line with The United Nations International Covenant on Civil and Political Rights, sounds much more digestible.

Apart from the odd protest, the Jack Hindon Scouts mainly focus on celebrating the Afrikaner culture also here in the United Kingdom. This includes arranging Cantus evenings and events commemorating historical Boer figures like Danie Theron, CR de Wet, Jopie Fourie, Koos de la Rey, etc. as well as Boer victories like the Battle of Majuba. We are also involved in arranging the annual Day of the Vow religious festival.

Thursday 17 June 2010

Voorlegging deur die Verkennersbeweging : Afriforum Jeugkonferensie - 16 Junie 2010



  1. Die Afrikaner as volk bestaan as ‘n volk op sy eie en het die reg om as sulks te bestaan. 
  2. Weens die aard, wese en herkoms van die Afrikanervolk het ons wel ‘n Europese herkoms waarop ons baie trots is, maar het ons in Suid-Afrika ontstaan en het dus die reg om op die bodem van Suid-Afrika voort te bestaan. 
  3. Ons sal, indien dit God sou behaag, ook in die toekoms as ‘n volk op ons eie voortbestaan binne die Afrika konteks. 
  4. Ons as volk is nie afhanklik van mense se ondersteuning of hulle wilsbeskikking om te wees en te bestaan nie. Uit die Bybel leer ons dat daardie reg deur ons Here gegee en geneem word. 
  5. Ons wil as volk ons eie taal, kultuur, Godsdiens, aard en wese handhaaf, ook vir ons nageslag. 
  6. Die vryheidstrewe van ons voorvaders eer ons en brand daardie selfde strewe net so warm in ons en ons kinders se harte as in ons voorvaders s’n. 
  7. Die Afrikaner is nie foutloos nie. Ons het verseker baie foute in die verlede gemaak en kan ook in die toekoms nog heelwat foute maak. Dit is menslik en ons sal nog arrogant nog kruiperig hieroor wees. Ons dien egter ons God, ons volk en ons strewes na die beste van ons vermoëns en wil dit doen tot voordeel van die land wat ons bewoon asook andere volkere rondom ons. 
  8. Ons is baie lief vir en trots op ons eie volk met al sy sterk punte, swak punte, suksesse, foute en gebreke. 
  9. Ons handhaaf ons eie, maar wil terselfdertyd geen ander s’n ontneem of ontsê nie. 
  10. Die Afrikanervolk erken die bestaan van ander volkere naas homself. Ons haat geen ander volk nie en ons minag geeneen van hulle nie. Ons haat en verwerp wel enige stappe, aksies of optrede van enige indiwidu, groepering of volk wat daarop gemik is om ons as Afrikaners se bestaan en identiteit te ontken of ons voortbestaan te vernietig of wat ons brandende strewe na selfbeskikking teewerk. 
  11. Ons eis niks vir onsself, wat ons nie ook enige ander volk gun nie. 
  12. Ons wil oor geen volk heers nie en sal nie verduur dat enige ander volk oor ons heers nie. 
  13. Ons sal na die beste van ons vermoë bydra tot die welsyn van elke ander volk wat naas ons s’n wil bestaan. 
  14. Ons reg om oor onsself te regeer, is ‘n reg wat vervat is in die Volkereg, beginsels van natuurlike geregtigheid en VN se handves van menseregte. Ook SA is ‘n ondertekenaar van hierdie handves. 
  15. Ons betreur en verwerp enige aksies of dade wat enige volk se reg op selfbeskikking en voortbestaan ontneem. Enige dade wat daarop gemik is om dit ons te ontneem sal, as dit God so behaag, misluk, bloot omdat die Afrikaner is wat hy is. Enige pogings hiertoe sal ook te staan kom teen die harde werklikheid van die Afrikaner se wilsgerigtheid. 
  16. Ons veroordeel ten sterkste die volksmoord wat tans teen die Afrikaner gepleeg word en daag al die organisasies teenwoordig uit om dit nie net te veroordeel nie, maar om dit skriftelik te veroordeel. Persone wat hierdie erkende volksmoord nie veroordeel nie, is self skuldig aan hierdie volksmoord volgens Genocide Watch. 
  17. Ons definieer onsself nie as “teen” of “anti” enige persoon of volk nie. Ons definieer onsself wel onomwonde as “vir” en “pro” Afrikanerskap en die Afrikanervolk. 
  18. Vreedsame NAAS…bestaan is onses insiens verseker moontlik indien elkeen van die volke wat naas mekaar bestaan se individualisme en eiesoortigheid erken word, daardie volk homself kan regeer en optimaal kan verwesenlik op die manier en binne die raamwerk wat sy eie geloofsoortuigings, kultuur, taal en herkoms bepaal. Ons verstaan die term “Naasbestaan” (en word dit as sulks in die HAT omskryf) as synde “Bestaan naas ‘n ander [volk]” en verstaan onder die term “naas” (en word dit insgelyks as sulks in die HAT omskryf) as “digby, grensend aan, langs”. 
  19. Nie een van hierdie terme kan of behoort verwar te word met vermenging, ineensmelting, assimilasie, integrasie of samepersing nie. 
  20. Aangesien ons as Verkenners “vir” die Afrikaner is, eerder as “teen”, is al ons aksies en dade ook geskoei op volksbou en volksbehoud. (NIE NASIEBOU NIE).
  21. Ons sal gesels met enige persoon of volk wat hierdie strewe erken en/of deel en sal rondom hierdie duidelike beginsels na vreedsame naasbestaan met enige ander volk werk. Teenoor diesulkes reik ons die hand van vriendskap uit, omdat hulle ons aanvaar vir wie en wat ons is. 
  22. Daar moet egter geen onduidelikheid by enige iemand bestaan oor die diepte van ons strewe na selfbeskikking nie. Dit is integraal deel van ons wese. Solank enige Afrikaner leef, sal die inherente wese van daardie strewe dus voortleef.

Aldus geteken en voorgehou te Pretoria op hede die 16de dag van Junie 2010.

Rian Genis

No comments:

Post a Comment