‘n Jeugkonferensie wat gehou is op 16 Junie 2010, wat gereël is deur Afriforumjeug en waarna ongeveer 27 jeugorganisasies genooi was, is ook deur die Verkennersjeug bygewoon. Tydens hierdie konferensie het die Verkennersjeug ‘n voorlegging gemaak waarin die Afrikanervolk se onafhanklikheidseis baie duidelik uitgespel is. Ook het die Verkenners die Volksmoord wat tans teen die Afrikaner gepleeg word, ten sterkste veroordeel en die ander organisasies genooi om ook die Volksmoord amptelik te veroordeel. Na aanleiding van ‘n vraag uit die gehoor het die verteenwoordiger van die Verkenners verduidelik dat die Volksmoord wat teen die Afrikaner gepleeg word, reeds amptelik deur die internasionale gemeenskap erken word en nie bloot iets is wat die Verkenners uitgedink het nie. Daar word met afwagting uitgesien na die veroordeling van die Volksmoord op die Afrikaner deur die jeugorganisasies van Suid-Afrika.
Aan die einde van die konferensie is daar ook die vraag aan die gehoor gestel, of hulle teen die onafhanklikheid van die Afrikanervolk is. By wyse van hand-opsteek het die organisasies wat teen die onafhanklikheidseis van die Afrikanervolk is, hulle afkeer te kenne gegee. Dit was insiggewend om te sien dat dit slegs die DA en ACDP was wat gekant is teen die onafhanklikheidseis van die Afrikanervolk en die Voortrekkerbeweging wat besluit het om buite stemming te bly. Selfs meer insiggewend is die feit dat die talle swart organisasies glad nie gekant is teen die onafhanklikheid van die Afrikanervolk nie.
Ben Geldenhuys
President
Verkennersbeweging van Suid-Afrika
No comments:
Post a Comment