Jack Hindon Verkenners

Jack Hindon Verkenners

Who are we?

The Jack Hindon Scouts is a London posting of the Verkennersbeweging van Suid-Afrika, who supports and calls for Boere-Afrikaner self-determination.

We hold the opinion that the current constitutional order in South Africa is destined to fail. It basically enables and ensures the inept ANC to govern South Africa ad infinitum, whose populist and racist National Democratic Revolution policies are not only economically unsustainable, but also inciting and fuelling racial hatred, especially against minorities who celebrate their distinct cultural identity and heritage.

The Jack Hindon Scouts subsequently maintain that the only solution for a durable peace in South Africa would be for government to back down on its efforts of social engineering (via draconian discriminatory policies like Black Economic Empowerment, Affirmative Action and Land Reform) a so-called egalitarian Rainbow society - which is only beneficial to top ANC cadres - and allow the Boer people to determine their own future in peaceful co-existence with all other ethnic groups in South Africa.

The Jack Hindon Scouts further rejects any notion of a "Rainbow Nation", not only because the ANC clearly doesn't believe in it either, but mainly because it is a pipe dream with no founding in reality.

One only needs to look at the United Kingdom and its devolution of power to the Northern Irish, Scottish and Welsh assemblies in Belfast, Edinburgh and Cardiff respectively to realise that engineering a common purpose and common identity for distinct and diverse ethnic groups is not as easy as coining a good catchphrase.

In South Africa we are well aware of the consequences of the actions of do-gooders who utilised government's powers of coercion and compulsion in order to engineer a society they deemed more acceptable. Now, how is it that we find ourselves today at the opposite side of the very same junction?

If government policies of FORCED segregation are evil, who decided that government policies of FORCED integration are good and the right way to go?

Surely a more Laissez-Faire approach of live and let live and "All peoples have the right to self-determination", in line with The United Nations International Covenant on Civil and Political Rights, sounds much more digestible.

Apart from the odd protest, the Jack Hindon Scouts mainly focus on celebrating the Afrikaner culture also here in the United Kingdom. This includes arranging Cantus evenings and events commemorating historical Boer figures like Danie Theron, CR de Wet, Jopie Fourie, Koos de la Rey, etc. as well as Boer victories like the Battle of Majuba. We are also involved in arranging the annual Day of the Vow religious festival.

Friday 26 March 2010

OPE BRIEF AAN DIE “HOOF UITVOERENDE BEAMPTE” VAN DIE VOORTREKKERMONUMENT EN DIE ERFENISSTIGTING, G.N. (GERT) OPPERMAN.


Meneer Opperman,
 
Haatspraak en laster teen my volk deur die buitewêreld, deur Swartes en ook deur sommige Afrikaanssprekendes is niks nuuts nie – dit gebeur eeue reeds. Tot in 1994 was die hoofdoelwit daarmee gewees om my volk só veragtelik te skilder, dat een en almal kon glo ons behoort oor geen duim grond te regeer nie – ook nie oor onsself nie.
 
Daardie doelwit is op 27 April 1994 bereik, toe ons letterlik oornag slawe in ons eie vaderland geword het en elke greintjie seggenskap oor onsself kwyt is – suiwer en alleen omdat ons te min kinders baar om hoegenaamd sinvol aan veelrassige verkiesings te kan deelneem. Ons dra mos nie by tot die oorbevolking van Planeet Aarde nie, maar word terselfdertyd gedwing om in een Staat saam te woon met volksvreemdes wat onbeheers aanteel; sonder om verantwoordelikheid te aanvaar vir die versorging van ‘n krioelende massa kleintjies. Dan word daardie getalle nog aangevul met miljoene wat vanuit hulle Swart paradyse elders in Afrika steeds elke dag hierheen vlug, na die laaste krummels van die Eerste Wêreld-staat wat Apartheid Suid-Afrika eens was.     
 
En in die hordes krotbuurte - gevul met werkloses en leeglêers en die opbrengs van elke dag en nag se rooftogte - kan die Swart massas wat mekaar se moordluste oorleef, elke 5 jaar weer “demokratiese” verkiesingskruisies trek wat die ANC in staat stel om my en my volk vir die volgende 5 jaar wéér te vertrap.
 
DIT is die ABSURDHEID van die huidige sogenaamde “DEMOKRASIE”. Feit is: Haatspraak is nou nie meer nodig om ons van selfregering te stroop nie. Haatspraak teen ons se funksie deesdae is aanstigting tot vergrype en misdaad teen my volk … onder andere, aanstigting tot moord.
 
Want soos Dingaan destyds, skreeu Malema - Jeugleier van die regerende Party - dat die Boere doodgemaak moet word … en die res van die Regering staan bankvas agter hom! Dit beteken niks anders nie as ‘n staats-goedgekeurde voortsetting van Swartes se volksmoord wat teen die Boere-Afrikaner in swang is, nie net op plase nie maar méér nog in dorpe en stede – moorde wat reeds meer slagoffers geëis het as Britse konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog! ‘n Moord-orgie wat voortwoed veral sedert 1990, toe die Swartes tot hulle eie verstomming begin besef het dat my volk se sogenaamde “leiers” ‘n spul patetiese, lafhartige rugstekers is; al te gereed om die belange van hulle volgelinge te offer solank daar darem op ‘n manier na hulle persoonlike belange omgesien word.
 
Ja, toe die sogenaamde “herders” hulle kleure gewys het, was my volk gereed om soos skape geslag te word – petisielysies en gepleit en gesmeek by die Regering ten spyt!
 
En toe, as sinnebeeld van ‘n nuwe geslag leiers wat hierdie volk besig is om op te lewer, daag die President van die Verkennersbeweging, Mnr. Ben Geldenhuys, vir Malema uit om die weerloses met rus te laat en eerder ‘n Boere-Afrikanerman in die fleur van sy lewe by Fort Schanskop op 19 Maart 2010 te ontmoet … as hý wat Malema is dan ‘n Boer wil vermoor. Ja, skielik het Malema en die wêreld gesien dat daar ook in hierdie dag en tyd steeds MANNE is in hierdie volk; manne wat, soos ‘n Jopie Fourie destyds, bereid is om self die dood in die oë te kyk as dit gaan om die vrye voortbestaan en die erfenis van die Boer.
 
Juis op die “Erfenis-terrein”, soos julle die Voortrekkermonument en Fort Schanskop-gronde noem, wou Ben Geldenhuys vir Malema inwag … die terrein waaroor jy, Meneer Opperman, as besluitnemer optree. (Die “Erfenis” in julle naam, vermoed ‘n mens, verwys na die erfenis van die Boere wat op hulle Oosgrens-plase uitgemoor was; na die erfenis van die oorlewendes wat in die 1830’s met hulle waens uit die Britse Kaapkolonie weg is ter wille van vrye voortbestaan; hulle wie se nasate vandag weer op plase en in stede uitgeroei word? Dan het Ben Geldenhuys mos ‘n uiters gepasde plek vir sy uitdaging aan Malema uitgekies!)
 
As jy, Generaal Opperman, op 19 Maart 2010 die Erfenisterrein vir toeriste en nuuskieriges gesluit het en saam met Ben Geldenhuys en ons ander Verkenners vir Malema gewag het, sou jy agting gewek het onder hierdie volk wat so smag na leiers wat - soos ‘n Generaal De la Rey - die vyand in die voorste linies in die oë kan kyk. Maar toe kasty jy vir Ben Geldenhuys in ‘n brief oor sy sogenaamde “eiegeregtige optrede” en verbied hom toegang tot die volk se “Erfenis”-terrein.
 
(Hoe ironies tog dat die Voortrekkermonument , waar jy vandag besluite neem, opgerig is juis tot gedagtenis van mense wat jare lank as “eiegeregtige onderdane” beskou is deur die Britse Regering, voordat ons onafhanklikheid eers in 1852 met die Sandrivier Konvensie erken is). Jy sien, Meneer Opperman, daar is meer as een soort eiegeregtigheid.
 
Mens kry byvoorbeeld eiegeregtigheid waardeur ‘n publiek wat in jou glo, bedrieg en in die rug gesteek word terwyl jyself agterna in veiligheid en vettigheid verskans is. Soos die tipe eiegeregtigheid waarmee daar op 27 April 1994 ‘n veelrassige, onwenbare verkiesing op ons afgedwing is; gevolg deur ‘n Swart Bewind met ‘n onverbloemde haat vir my volk en kultuur…en dit terwyl daardie noodlotsverkiesing ONWETTIG was omdat dit plaasgevind het ingevolge ‘n Kieswet wat aangeneem was toe Wet 110 van 1983 - die destydse Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika en “hoogste Reg” van die land – steeds gegeld het. Artikel 52 van daardie Grondwet het bepaal dat slegs ‘n Blanke, Kleurling of Indiër stemreg kon hê. Dat daardie stuk verfoeilike eiegeregtigheid vir Swartes hulle sogenaamde “freedom” beteken het, is nie vir my ‘n probleem nie. Ek wil nie in een Staat met volksvreemdes woon OF OOR HULLE REGEER NIE – die probleem met 1994 se verfoeilike eiegeregtigheid, is dat dit my volk se internasionaal- erkende reg op selfbeskikking vertrap het.
 
Dan is daar die tipe van eiegeregtigheid as gevolg waarvan ondernemings - met my verarmde volkie se sikspense opgebou tot waardes van miljarde Rande - vandag aan vreemdes behoort (of altans, wat daarvan oorgebly het) – die EVKOMS, YSKORS, die SASOLS van die lewe; Pos- en Telekommunikasie instellings, Spoorweë en Hawens, finansiële instellings soos Volkskas en SANLAM … te veel om op te noem. Ook dít is verfoeilike eiegeregtigheid.
 
Of die tipe van eiegeregtigheid waarmee jy, Meneer Opperman, nogal op die Voortrekkermonument se briefhoof adverteer hoe julle “ondersteun” word uit die opbrengs van Suid-Afrika se dobbelary-afgod, die “National Lottery Distribution Trust Fund”. Het jy en jou Direkteure ooit aan die Voortrekker- nasate (dus aan ons, die volk) inspraak gegee in die siek besluit om sulke afgodsgeld te aanvaar? Praat van eiegeregtigheid! Wat sou ‘n Hendrik Potgieter, ‘n Andries Pretorius, ‘n Sarel Celliers daaroor te sê gehad het?
 
Jou verweer hierop sal seker wees om die volk te beskuldig dat hulle self te laks is om genoeg geld te stort en jy sodoende kastig verplig is om afgodsgeld te aanvaar ter wille van die Monument en “Erfenis”-terrein se instandhouding. Ja, ek kan glo dis nie maklik om miljoene uit die volk te melk nie – verreweg die meeste van hulle is reeds leeg gemelk ter wille van vreemdes! Maar hoekom weet ek van geen byeenkoms wat jy onder die oorblywende welvarendes saamgeroep het om uit te vind of daar nie ‘n ander plan te maak is nie?
 
En as dit werklik nie sou slaag nie (wat ek sterk betwyfel): Sou ‘n verweerde Voortrekkermonument , maar sonder om die God van Bloedrivier verder te vertoorn, nie verkieslik wees bó prag en praal en foutlose fasiliteite nie? Ten minste sou ‘n verweerde Voortrekkermonument die klippe dan kon wees wat saam uitroep - saam ween oor my volk se derduisende wat, net soos by Bloukrans en Weenen in 1838, nog steeds elke dag en nag onverwags deur oormagte oorval en barbaars vermoor word; oor ‘n werklose jeug en werklose gesinshoofde - werkloos omdat hulle Blank is, moedverlore omdat hulle werkloos is; oor ouers van kinders wat naak en honger is; oor ons dogters wat slawe vir Nigeriese seks- en dwelmkartelle is; oor Boere-dogters en bejaarde vroue wat hulleself nie vrywillig aanbied nie en dan deur barbare-bendes verkrag word; oor “Christen-geestelike s” wat die verbreking van die dogter van my volk wil genees deur te verklaar “Vrede! Vrede!” terwyl daar GEEN VREDE IS NIE; oor selfs kerke talle Godsgebooie wat ons Voortrekkers nog eerbiedig het, nou afmaak en minag as “outyds”; oor ons kinders wat Goddeloosheid in staatskole se leerplanne gevoer word en selfs ‘n afgodslied daar moet sing as sogenaamde “volkslied”! (Of dink jy miskien die ANC verwys na God die Vader, Seun en Heilige Gees - die God van Bloedrivier – in hulle “Nkosi Sikelel’ Afrika”?)
 
Ja, ek en my volk is tot die droesem toe moeg, sat van al sulke selfgesentreerde, rugsteker-“eiegeregtigheid”. Maar die “eiegeregtigheid” van Graaff-Reinet en Swellendam in 1795; die “eiegeregtigheid” van die Slachtersnek- martelare; die “eiegeregtigheid” van die Emigrante-Boeren; die “eiegeregtigheid” van die burgers wat Majoeba-kruin gestorm het; die “eiegeregtigheid” van die Kaapse Rebelle in die Tweede Vryheidsoorlog en die Rebelle van 1914; die “eiegeregtigheid” van die Ossewa-Brandwag; “eiegeregtigheid” die afgelope 40 jaar en meer van beswadderde “Regses” soos Ben Geldenhuys – danksy daardie tipe “EIEGEREGTIGES”, wat elke generasie nog opgelewer het TOT DIENS AAN MY VOLK, is hierdie volk nog nie uitgedoof nie. Want geregtigheid was my volk nog nooit deur andere gegun nie – en alte dikwels het ons eie vlees en bloed lustig meegedoen om laksman te speel. Geregtigheid moes ons telkens maar weer verkry op ons eie; ons ou klompie volkstroue “eiegeregtiges” - strompelend en al te dikwels ook belaai met sondeskuld soos alle mense – maar voortgedra deur die genade van die Almagtige God van Bloedrivier. Want hier, anderkant die riviere van Kus, sal Sy aanbidders, Sy verstrooide gemeente Sy offerande bring – en al is ons ook ‘n ellendige en geringe volk, sal ons bly skuiling soek by Sy Naam...
 
Meneer Opperman, ek wil ‘n beroep op jou en jou mede-direkteure doen: Sluit aan by die stroom in hierdie volk wat weer, soos in 1836, weier om onder vreemde heerskappy te buig, weier om die knie voor Baäl te buig. Sluit as direksie aan, soos talle ander organisasies, by die Afrikanerfront en groepeer saam met hulle om Selfbeskikking as die saambindende beginsel. Werk saam, soos die Afrikanerfront- organisasies, met die Volksraad Verkiesingskommissie aan die grootse taak om op 31 Mei 2011 ons eie demokraties- verkose Volksraad ingehuldig te kry, wat ons eis om Selfbeskikking ooreenkomstig die Volkereg gaan afdwing.
En as julle nie tot daardie stappe bereid is nie: Volg die eerbare weg, bedank as Direkteure, en dra daardie rol oor aan die Verkennersbeweging. Ek vra julle dit, nie in selfsugtige eiegeregtigheid nie … maar ter wille van geregtigheid teenoor die vermoordes en seëvierendes van die Groot Trek en geregtigheid teenoor hulle IDEE wat veronderstel is om deur die Voortrekkermonument versinnebeeld te word: die IDEE van Volksvoortbestaan in Vryheid, Onafhanklikheid, en Selfbeskikking danksy die uitredding van God; met Staat en Owerheid wat Hom sal ken en dien in wetgewing, wetsuitvoering en wetstoepassing… net soos alle burgers dit in hulle daaglikse lewe moet doen.
 
Die uwe
Paul Kruger

No comments:

Post a Comment