Volgens ‘n mediaberig op 7 Mei 2010, koppel die ANC se minister van polisie, Nathi Mthethwa, die sogenaamde “white supremacists”, wat glo bomme in die swart woonbuurtes wou plant om die Wêreld Sokkerbeker te ontwrig aan die Afrikaner se vryheidstrewe na ‘n onafhanklike republiek. Die minister doen dit deur te verwys na hierdie sogenaamde “white supremacists” as aanhangers van die Volkstaatgedagte.
Mnr Ben Geldenhuys, President van die Verkenners, verklaar in reaksie hierop soos volg : “Hierdie metodiek herinner sterk aan die alombekende kommunistiese metodes waar ‘n revolusie binne ‘n revolusie geskep word om enige weerstand dood te smoor. Daar word ook ernstig getwyfel aan die geloofwaardigheid van die media berig oor die sogenaamde “vêrregses” wat nou weer ‘bomme wil plant’. Die vaagheid van die berig dra tot die twyfel by.”
Mnr Geldenhuys se verder :”Die minister hoef nie so bedreig te voel oor die ontwaking van die Boere-Afrikaner en sy vryheidseis nie. Hierdie ontwaking word juis aangehelp as gevolg van die minister en sy regering se onvermoë om wet en orde te handhaaf.“
Die Verkenners doen ‘n beroep op Afrikaners om nie afgeskrik te word deur sulke slinkse wyses om ons Volk van sy Vryheidspad te ontspoor nie. Dit is juis nou die tyd om meer doelgerig betrokke te raak vir die bereiking van ons Volk se Vryheid!
Ben Geldenhuys
President
Verkenner Beweging van SA

No comments:
Post a Comment