Met die wêreldbeker sokker wat tans in SA gespeel word, is dit duidelik dat die ANC hul beeld wil poets vir die buiteland. So byvoorbeeld, het hulle hul massas ondersteuners opdrag gegee om hulle te gedra wanneer die buitelandse besoekers in Suid-Afrika is.
Hulle het selfs so ver gegaan om die uitvoerende hoof van die ANC-vryheidspark, Wally Serote, opdrag te gee om ‘n foto van generaal de Wet in hul heldesaal te hang. Daar is selfs nou sprake dat hulle dieselfde met ‘n foto van generaal de la Rey gaan doen.
In die verlede is die ANC-vryheidspark uitsluitlik gebruik om ANC kaders te vereer. In 2006 was daar groot polemiek, juis omdat die ANC-beheerde vryheidspark besluit het om nie die name van SAW-lede wat op grens gesneuwel het, in te sluit by die name van die destydse terroriste wat in dieselfde oorlog gesneuwel het nie. Selfs nou het die uitvoerende hoof te kenne gegee dat hulle nie die name van die SAW-lede gaan byvoeg nie. Hulle verweer is, dat die SAW-lede nie vir vryheid geveg het nie en mens kan aanneem dat hulle daarmee bedoel dat hulle vir onderdrukking geveg het.
Sedert die ontstaan van die ANC-vryheidspark is die enigste “Afrikaners” wie se name mens daar sou vind, die van verloopte “Afrikaners” soos Bram Fischer en ander prominente kommuniste. Om nou te midde van die sokker met ‘n gepoetste beeld van ‘n reënboognasie wat nie werk nie, volksmanne soos de Wet en de la Rey in te span as kwotaspelers in hierdie nasiebou klugspel, is lasterlik en onaanvaarbaar.
Dit sou beter wees, as die ANC dan so graag “Afrikaners” daarby wou insluit, dat hulle kaders soos FW de Klerk, Roelf Meyer en die voetwassende Adriaan Vlok gebruik het. Dit is egter duidelik dat selfs die ANC vir hierdie sikofante geen respek het nie.
Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika eis dat die foto’s van hierdie Christelike volkshelde, de Wet en de la Rey, verwyder word van hierdie voorvadergees tempel. Geen Christen kan tog vereer word in ‘n Godslasterlike plek soos die ANC se vryheidspark nie.
Die uwe
Ben Geldenhuys
President
Verkennersbeweging van Suid-Afrika